Amos 9:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al gaan hulle in ballingskap voor hulle vyande uit, daarvandaan sal Ek die swaard beveel, en dit sal hulle doodmaak; en Ek sal my oë op hulle rig ten kwade en nie ten goede nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al voer hulle vyande hulle weg as gevangenes, Ek sal hulle met ’n swaard laat sterf. My ingesteldheid teenoor hulle is sleg, nie goed nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En al gaan hulle as gevangenes voor hulle vyande uit, Ek sal van daar die swaard ontbied om hulle dood te maak; en Ek sal my oog op hulle rig ten kwade en nie ten goede nie. |
| Afrikaans 1983 | al word hulle in ballingskap weggevoer voor hulle vyande uit, Ek sal die swaard daar beveel om hulle dood te maak; my bedoeling met hulle is om hulle kwaad aan te doen, nie om goed aan hulle te doen nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al gaan hulle in ballingskap voor hulle vyande uit – daar sal Ek die swaard opdrag gee en dit sal hulle ombring. Ek sal my oog op hulle hou, ten kwade, nie ten goede nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer hulle vyande hulle vang en hulle wegvat na 'n ander land, dan sal Ek hulle daar laat doodmaak in 'n oorlog. Ek sal na hulle kyk, nie om hulle te help nie, maar sodat dit sleg met hulle sal gaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs al gaan hulle weg na ’n ander land, selfs al vat die vyand hulle baie ver weg, sal hulle nie van My af kan wegkom nie. Selfs daar sal Ek hulle laat doodmaak. Ek hou hulle dop om met hulle af te reken. Hulle kan nie van My af wegkom nie.” |