Amos 9:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al verberg hulle hulle op die top van Karmel, Ek sal hulle daarvandaan deursoek en wegvoer; en al word hulle vir my aangesig op die bodem van die see verborge, daarvandaan sal Ek die slang beveel, en hy sal hulle byt. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al kruip hulle weg op die kruin van Karmelberg, Ek sal hulle daar gaan haal en laat afkom. Selfs al kruip hulle weg op die bodem van die see, Ek sal die seeslang stuur om hulle te byt. |
| Afrikaans 1933/1953 | En al steek hulle hul weg op die top van Karmel, Ek sal hulle daar opspoor en weghaal; en al verberg hulle hul voor my oë op die bodem van die see, Ek sal van daar die slang ontbied om hulle te byt. |
| Afrikaans 1983 | al kruip hulle weg op die top van die Karmel, Ek sal hulle daar opspoor en vang; al kruip hulle weg op die bodem van die see, Ek sal die slang daar beveel om hulle te pik; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al verberg hulle hulleself op die kruin van Karmel – daar sal Ek hulle opspoor en uithaal. Al kruip hulle vir my oë weg op die bodem van die see – daar sal Ek die slang opdrag gee en hy sal hulle pik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer hulle bo-op die Karmel-berg gaan wegkruip, dan sal Ek hulle daar soek en hulle wegvat. Wanneer hulle vir My wil wegkruip onder in die see, dan sal Ek vir die slang daar sê om hulle te pik. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al gaan kruip hulle weg op die top van die Karmelberg, sal Ek hulle daar gaan haal en hulle dwing om af te kom. Al probeer hulle hulleself vir my wegsteek onder in die see, sal Ek die seeslang stuur om hulle daar te gaan pik. |