Amos 9:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al grawe hulle in die hel, daarvandaan sal my hand hulle neem; al klim hulle op na die hemel, Ek sal hulle daarvandaan afbring.
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs al sou hulle grawe tot diep in die doderyk, Ek sal hulle daar uithaal. Al klim hulle op na die hemel, Ek sal hulle van daar af bring.
Afrikaans 1933/1953 Al dring hulle deur in die doderyk, my hand sal hulle daaruit haal; en al klim hulle op na die hemel, Ek sal hulle van daar laat neerdaal.
Afrikaans 1983 Al breek hulle deur na die doderyk toe, Ek sal hulle daar uithaal; al klim hulle op na die hemel toe, Ek sal hulle daarvandaan laat afkom;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al grawe hulle tot in die •doderyk – van daar af sal my hand hulle uithaal. Al klim hulle op in die hemel – van daar af sal Ek hulle afbring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer hulle 'n gat grawe om in die doderyk te probeer kom, dan sal Ek hulle daar uithaal. Wanneer hulle probeer opklim na die hemel, dan sal Ek hulle daar afhaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al grawe hulle ’n gat tot onder waar die dooies bly om daar weg te kruip, sal hulle nie kan wegkom nie. Ek sal hulle met my eie hand daar gaan uithaal. Al kry hulle dit reg om tot bo in die hemel te klim, sal Ek hulle daar gaan uithaal.