Amos 9:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal die ballingskap van my volk Israel terugbring, en hulle sal die puinhope stede bou en hulle bewoon; en hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink; hulle sal ook tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal my volk Israel uit ballingskap laat terugkom. Hulle sal die verwoeste dorpe weer opbou en bewoon. Hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink. Hulle sal boorde aanplant en die vrugte daarvan eet.”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal die lot van my volk Israel verander, en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon, ook sal hulle wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.
Afrikaans 1983 Ek sal die lot van my volk Israel verander: hulle sal die verlate stede herbou en bewoon, hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink, hulle sal tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal die lot van my volk Israel verander. Hulle sal hulle verwoeste stede herbou en bewoon; hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink; hulle sal tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal dit weer goed laat gaan met my volk, die Israeliete. Ek sal die stede wat die vyande afgebreek het, weer bou sodat die Israeliete daar kan woon. Hulle sal wingerde plant en die wyn drink. Hulle sal tuine maak en die vrugte eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek sal my volk Israel se omstandighede verander. Hulle sal terugkom uit die lande waarheen hulle weggevat is. Hulle sal teruggaan na die dorpe waar hulle gewoon het. Hulle sal woon in die stede wat hulle opgebou het. Hulle sal weer wingerde aanplant en druiwe vir wyn kan pluk. Hulle sal weer tuine hê wat vir hulle groente gee.