Amos 9:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat die ploegman die maaier sal inhaal en die druiwetrapper die saadsaaier; en die berge sal soet wyn drup, en al die heuwels sal smelt.
Afrikaans (NLV) 2011 Verder sê Hy: “’n Dag sal kom wanneer die graan en die druiwe vinniger sal groei as wat hulle kan oes. Die sap sal afdrup van die wingerde teen die berghange, dit sal teen die skuinstes afvloei.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, die dae kom, spreek die HERE, dat die ploeër die maaier inhaal, en die druiwetrapper die saadsaaier; en dat die berge van mos sal drup, en al die heuwels daarvan oorvloei sal wees.
Afrikaans 1983 Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat daar direk na die oes geploeg sal word en dat daar direk na die saaityd gepars sal word. Die berge sal van druiwesap drup, al die heuwels sal deurnat wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die Here, “wanneer die een wat ploeg die een wat graan oes, sal inhaal, en die een wat druiwe trap die een wat die saadsak dra. Die berge sal drup van druiwesap en die heuwels sal golf van graan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesê: “Daar sal 'n tyd kom wanneer die Israeliete hulle koring moet afsny dadelik nadat hulle geploeg het. Hulle sal wyn moet maak dadelik nadat hulle die wingerde geplant het. Die wyn sal so baie wees dat dit teen die berge en die heuwels sal afloop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daar kom ’n tyd van voorspoed,” sê die Here. “Wanneer die oes skaars bymekaar-gemaak is, sal dit al weer tyd wees om te begin ploeg om die saad in die grond te kry. Die saaityd sal nog aan die gang wees, dan sal dit al weer tyd wees om druiwe te pluk om te pars. Daar sal so baie druiwe wees om uit te trap dat die druiwesap teen die berge sal afstroom. Die heuwels sal oorvloei word met nuwe wyn.