Amos 9:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat hulle die oorblyfsel van Edom en van al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, in besit kan neem, spreek die HERE wat dit doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Israel sal heers oor wat oorgebly het van Edom. Hulle sal ook heers oor al die nasies wat my Naam dra.” Dit, sê die Here, sal Hy doen!
Afrikaans 1933/1953 sodat hulle in besit kan neem die oorblyfsel van Edom en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die HERE wat dit doen.
Afrikaans 1983 sodat my volk die oorwinnaar sal wees oor wat van Edom oor is, oor al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, sê die Here. Hy sal dit doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat hulle dié wat oorgebly het van Edom en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, in besit kan neem,” is die uitspraak van die Here, wat dit gaan doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My volk sal die Edomiete oorwin wat nog oorgebly het, en ook die ander volke wat aan My behoort.” Dit sê die Here. Die Here sal dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek gaan Israel oor Edom aanstel. Hy sal in beheer wees van al die nasies waaroor Ek regeer,” sê die Here wat dit gaan laat gebeur.