Amos 9:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié dag sal Ek die vervalle tabernakel van Dawid oprig en sy skeure toemaak; en Ek sal sy puinhope oprig en dit bou soos in die dae van ouds.
Afrikaans (NLV) 2011 “As dié dag aanbreek, sal Ek die vervalle huis van Dawid weer herstel. Ek sal die stukkende mure weer opbou, al lyk dit nou soos ’n vervalle huis. Ek sal dit herstel sodat dit lyk soos voorheen.
Afrikaans 1933/1953 In die dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure toebou en sy puinhope herstel, en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd;
Afrikaans 1983 Daardie dag bou Ek die vervalle hut van Dawid weer op; Ek stop sy barste toe en bou sy murasies op, Ek herbou hom soos hy in die ou tyd was,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Op daardie dag sal Ek die vervalle skuiling van Dawid herstel. Ek sal die bresse toebou en die ruïnes herbou om te wees soos in die dae van weleer,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesê: “Daar sal 'n tyd kom wanneer Ek die nageslag van koning Dawid weer sal laat regeer. Hulle is soos 'n huis wat omgeval het, 'n muur wat afgebreek is. Maar Ek sal die huis weer bou, en hy sal weer wees soos hy altyd was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die dag sal kom waarop Ek die huis van Dawid heel sal maak. Soos ’n mens ’n murasie herstel om dit weer ’n huis te maak om in te woon, sal Ek die gate in die muur toestop. Ek sal die mure weer opbou. Ek sal dit herstel om weer te lyk soos dit vroeër gelyk het.