Amos 9:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die sondaars van my volk sal deur die swaard sterwe, wat sê: Die onheil sal ons nie inhaal of verhoed nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die sondaars van my volk sal omkom deur die swaard, hulle wat sê: ‘Rampe sal ons nie inhaal nie. Niks slegs sal met ons gebeur nie.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die sondaars van my volk sal deur die swaard sterwe, die wat sê: Die onheil sal ons nie bereik en ons nie ontmoet nie. |
| Afrikaans 1983 | Al die sondaars onder my volk sal met die swaard doodgemaak word, hulle wat sê: “Ter wille van ons sal U die ramp nie laat kom nie, ons nie daardeur laat tref nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Deur die swaard sal al die sondaars van my volk sterf, hulle wat sê, ‘Die onheil sal ons nie bereik nie, nie tot by ons kom nie.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die sondaars van my volk sal in die oorlog sterf. Hulle sê nou: ‘U sal ons nie straf en dit sleg laat gaan met ons nie.’ Maar hulle sal sterf.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar almal uit my volk wat sonde doen, sal met die swaard doodgemaak word, almal wat sê: ‘Die onheil sal ons nie tref nie.’” |