Amos 9:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het die HERE op die altaar sien staan, en Hy sê: Slaan die bo-drumpel van die deur, sodat die deurposte bewe; en kap hulle almal in die kop; en Ek sal die laaste van hulle met die swaard doodmaak; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het die Here langs die altaar sien staan. Hy het gesê: “Slaan die bopunte van die pilare so hard dat die fondamente skud. Laat die dak van die gebou neertuimel op die mense onder. Die mense wat bly leef, sal Ek in ’n geveg laat sterf. Nie een sal kan ontvlug nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het die Here by die altaar sien staan, en Hy het gesê: Slaan die kapiteel van die pilaar, sodat die drumpels bewe; en verpletter hulle bo die hoof van almal! En Ek sal die wat van hulle oorbly, met die swaard ombring: die vlugteling uit hulle sal nie ontsnap nie, en geen vrygeraakte onder hulle homself red nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek het die Here by die altaar sien staan, en Hy het gesê: Slaan die pilare se toppe stukkend, sodat die drumpels bewe, breek hulle af oor almal se koppe! Ek sal die mense wat oorbly, met die swaard doodmaak, niemand sal kan vlug nie, niemand sal vrykom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het my Heer by die altaar sien staan. Hy het gesê: “Slaan die pilaarkop sodat die drumpels skud. Maak 'n einde aan hulle, aan wie op die voorpunt is van hulle almal. Hulle agterhoede sal Ek met die swaard ombring. Geen vlugteling onder hulle sal ontvlug nie; geen oorlewende onder hulle sal ontkom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gesien die Here staan by die altaar. Hy het gesê: “Slaan stukkend die kapitele van die pilare van die tempel, sodat die deure se rame bewe en die stukke van die pilare op al die mense se koppe val. Ek sal self die mense wat oorbly, doodmaak met my swaard. Niemand sal kan vlug nie, nie een sal wegkom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het die Here by die altaar sien staan. Hy het gesê: “Slaan die bokante van die pilare stukkend sodat die hele gebou tot in sy fondamente inmekaarstort. Laat die gebou instort op al die mense wat binne-in die tempel is. Dié wat bly leef, sal Ek in die oorlog laat doodmaak. Nie een sal kan wegvlug nie. Daar sal nie een vrykom nie. |