Amos 8:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in dié dag, spreek die HERE HERE, sal Ek die son op die middag laat ondergaan en die aarde verduister in die helder dag.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oppermagtige Here sê: “In dié tyd sal Ek die son teen die middag laat sak, en dit donker laat word terwyl dit nog dag is.
Afrikaans 1933/1953 En in die dag, spreek die Here HERE, laat Ek die son op die middag ondergaan en vir die aarde die lig duister word terwyl dit nog dag is.
Afrikaans 1983 Daardie dag, sê die Here my God, laat Ek die son helder oordag ondergaan, maak Ek dit donker op aarde terwyl dit nog ligdag is;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Op daardie dag,” is die uitspraak van my Heer, die Here, “sal Ek die son laat ondergaan op die middaguur en dit helder oordag donker maak vir die aarde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Op daardie dag sal Ek die son in die middel van die dag laat ondergaan. Ek sal dit donker maak op die aarde wanneer dit nog dag is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Op daardie dag,” sê die Here, “sal Ek die son laat ondergaan in die middel van die dag. Ek sal dit laat donker word oor die aarde terwyl dit nog helder daglig is.