Amos 8:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | dat ons die armes kan koop vir silwer en die behoeftige vir 'n paar skoene; ja, en verkoop die afval van die koring? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koring wat julle verkoop, meng julle met kaf! Julle koop armes vir geld en behoeftiges vir ’n paar sandale. |
| Afrikaans 1933/1953 | om die armes vir geld te koop en die behoeftige vir 'n paar skoene; ook die afval van die koring sal ons verkoop. |
| Afrikaans 1983 | Julle verkoop arm mense vir geld, behoeftiges oor 'n paar sandale, julle verkoop selfs die koringkaf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | om armes vir geld te koop en behoeftiges vir 'n paar sandale. “Die uitskotgraan sal ons ook verkoop.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle verkoop ook die koring se kaf en julle verkoop arm mense omdat hulle geld skuld vir 'n paar sandale. Dan word die mense slawe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle verkoop koring wat met nuttelose kaf gemeng is. Julle verkoop arm mense wat nie hulle skuld kan betaal nie. Julle is bereid om hulle vir so min te verkoop as die geld wat ’n mens kry vir ’n paar sandale. |