Amos 8:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoor dit, o julle wat die behoeftiges verslind, ja, om die armes van die land te laat beswyk,
Afrikaans (NLV) 2011 Julle wat die armes besteel en die behoeftiges vertrap, luister hierna!
Afrikaans 1933/1953 Hoor dit, julle wat die behoeftige vertrap en daarop uit is om die ootmoediges van die land uit te roei,
Afrikaans 1983 Luister hierna, julle wat arm mense vertrap, julle wat die mense in nood in die land wil uitroei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Luister hierna, julle wat die behoeftiges vertrap, en daarop uit is om weerloses in die land uit te wis
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Luister na wat Ek sê. Julle doen slegte dinge aan die arm mense, julle wil die mense wat niks het nie, doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Luister ’n bietjie wat die Here vir Homself beloof het, julle wat op die arm mense trap. Julle wat van die behoeftiges in julle land probeer ontslae raak.