Amos 8:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die liedere van die tempel sal in dié dag huil, spreek die HERE HERE: daar sal baie lyke op elke plek wees; hulle sal hulle in stilte uitwerp.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oppermagtige Here sê: “Wanneer daardie dag aanbreek, sal die liedere wat hulle in die paleis sing ’n huiltoon hê. Lyke sal in groot getalle oral rondlê. Bly liewer stil!”
Afrikaans 1933/1953 En die liedere van die paleis sal in die dag weeklaag, spreek die Here HERE: 'n menigte lyke; hulle gooi dit oral neer. Stilte!
Afrikaans 1983 Daardie dag sal die sang in die paleis 'n gehuil word, sê die Here my God. Daar sal baie lyke wees, oral neergegooi. Bly liewer stil!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die sangeresse van die paleis sal weeklaag op daardie dag,” is die uitspraak van my Heer, die Here. “Tallose lyke, oral neergegooi! Stilte!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer Ek kom om hulle te straf, dan sal die mense in die koning se paleis nie meer sing nie, hulle sal huil. Daar sal baie lyke wees. Die vyande sal nie praat nie, hulle sal die lyke oral op die grond gooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die dag van teëspoed,” sê die Here, “sal daar begrafnisliedere in die paleis gesing word. Lyke sal oral in die koning se huis op die grond lê. Bly liewer stil.”