Amos 8:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Amos, wat sien jy? En ek het gesê: 'n Mandjie somervrugte. Toe sê die HERE vir my: Die einde het gekom oor my volk Israel; Ek sal nie weer by hulle verbygaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vir my gevra: “Wat sien jy, Amos?” Ek het geantwoord: “’n Mandjie vol ryp vrugte.” Toe sê die Here vir my: “My volk Israel is soos hierdie vrugte, ryp vir straf! Ek gaan hulle straf nie langer uitstel nie.”
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê: Wat sien jy, Amos? En ek antwoord: 'n Mandjie met somervrugte. Toe sê die HERE vir my: Die einde het vir my volk Israel gekom; Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.
Afrikaans 1983 en die Here het vir my gevra: Wat sien jy, Amos? Ek het gesê: “'n Mandjie ryp vrugte.” Toe sê die Here vir my: Die tyd is ryp vir my volk Israel, Ek sal hom nie meer spaar nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gevra: “Wat sien jy, Amos?” Ek het geantwoord: “'n Mandjie met somervrugte.” Daarop sê die Here vir my: “Die einde het vir my volk Israel aangebreek. Ek sal nie weer by hom verbygaan nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en die Here het vir my gevra: “Amos, wat sien jy?” Toe sê ek: “Ek sien 'n mandjie vrugte. Hulle is ryp en dit is tyd om hulle te eet.” Die Here het toe vir my gesê: “Dit is nou die tyd. Ek sal my volk, die Israeliete, se sonde nie weer vergewe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die Here my vra: “Wat sien jy daar, Amos?” het ek geantwoord: “’n Mandjie vol ryp vrugte.” Die Here sê toe vir my: “My volk Israel is net so ryp om gepluk te word vir sy vonnis. Ek gaan nie toelaat dat dinge so verder aangaan nie.