Amos 8:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die wat sweer by die sonde van Samaría en sê: Jou god, o Dan, leef! en: Die manier van Berséba leef; selfs hulle sal val en nooit weer opstaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dié wat sweer by die afgode van Samaria; hulle sal sê: ‘Die God van Dan leef verseker!’ en: ‘Daar is beslis ’n pad na Berseba toe.’ Hulle sal almal neerval op die grond en nooit weer opstaan nie.”
Afrikaans 1933/1953 hulle wat sweer by die skuld van Samar¡a, en ook sê: So waar as jou god leef, o Dan! en: So waar as die weg van Bers,ba leef! En hulle sal val en nie weer opstaan nie.
Afrikaans 1983 dié jongmense wat ede aflê by wat Samaria se sonde is en sê: “So seker as jou god leef, Dan, so seker as daar 'n pelgrimspad na Berseba toe is!” Hulle sal val en nie weer opstaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle wat sweer by die Skuld van Samaria, en sê, ‘So waar as wat jou god leef, Dan’, of ‘so waar as wat jou god leef, Berseba’; hulle sal val en nie weer opstaan nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer hulle iets belowe het, dan het hulle altyd gesê: ‘Die afgod van Samaria is die getuie,’ of hulle het vir die stad Dan gesê: ‘So seker soos jou god lewe!’ of: ‘So seker soos daar 'n pad is na die stad Berseba!’ Maar hulle sal val, hulle sal nie weer opstaan nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dié wat hoog en laag gesweer het by die sonde van Samaria, wat graag gesê het: ‘So waar as die god van Dan lewe,’ of graag gesê het: ‘So waar as daar ’n pad is vir mense wat na Berseba gaan om daar te bid,’ hulle almal sal op daardie dag op die grond neerval. Hulle sal nooit weer opstaan nie.”