Amos 8:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal ronddwaal van see tot see, en van die noorde tot die ooste, hulle sal heen en weer hardloop om die woord van die HERE te soek en dit nie vind nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Mense sal angstig soek na die woorde van die Here. Hulle sal soek van see tot see, van die noorde tot die ooste, maar dit nie kry nie.
Afrikaans 1933/1953 En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die HERE te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.
Afrikaans 1983 Die mense sal ronddwaal van see tot see, rondslinger van noord tot oos om die woord van die Here te soek, maar hulle sal dit nie kry nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal strompel van see tot see; van noord na oos sal hulle dwaal, op soek na die woord van die Here, maar dit nie vind nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal soek van die een see tot by die ander see. Hulle sal oral soek, van die noorde tot by die ooste, om te hoor wat die Here sê, maar hulle sal niks hoor nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal hoog en laag soek na die woord van die Here. Hulle sal trek van die Middellandse See tot by die Dooie See. Hulle sal oral soek, van die noorde tot in die ooste. Maar hulle sal niks kry nie.