Amos 8:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, daar kom dae, spreek die HERE HERE, dat Ek 'n hongersnood in die land sal stuur, nie 'n hongersnood na brood of 'n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oppermagtige Here sê: “Die tyd kom dat Ek hongersnood oor die land sal stuur. Nie ’n honger na brood of water nie, maar om te hoor wat Ek sê.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek 'n honger in die land stuur, nie 'n honger na brood nie en nie 'n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor.
Afrikaans 1983 Maar daar kom dae, sê die Here my God, dat Ek 'n honger oor die aarde laat kom: 'n honger nie na kos nie, 'n dors nie na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van my Heer, die Here, “dat Ek hongersnood in die land sal uitstuur – nie 'n honger na brood en 'n dors na water nie, maar 'n honger om die woorde van die Here te hoor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesê: “Daar sal 'n tyd kom wanneer Ek almal in die land honger sal maak. Maar hulle sal nie honger wees vir kos of dors wees vir water nie. Hulle sal honger wees vir die woorde van die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daar is ’n tyd wat gaan kom,” sê die Here, “dat daar ’n hongerte in die land gaan kom. Mense gaan nie honger wees vir iets om te eet of dors vir iets om te drink nie. Hulle gaan honger wees om te hoor wat die Here sê.