Amos 8:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal julle feeste in rou en al julle liedere in klaaglied verander; en Ek sal 'n roukleed oor al die heupe laat opkom en 'n kaalte op elke hoof; en Ek sal dit maak soos die rou van 'n enigste seun, en die einde daarvan soos 'n bitter dag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal julle feeste tye maak van rou en julle vrolike sang tot ’n klaagsang. Soos iemand rou oor die dood van ’n enigste kind, so sal julle rouklere dra en julle koppe kaal skeer. Dit sal ’n bitter dag wees!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek verander julle feeste in rou en al julle liedere in klaagsang, en Ek bring op alle lendene 'n roukleed en op alle hoofde kaalheid. En Ek maak dit soos by die rou oor 'n enigste kind en die einde daarvan soos 'n bittere dag. |
| Afrikaans 1983 | Ek verander julle feeste in treurgeleenthede, julle liedere in klaagsange; Ek trek vir julle rouklere aan en skeer al julle koppe kaal; Ek laat dit word soos wanneer 'n mens oor 'n enigste kind treur, julle uiteinde sal vir julle 'n bitter dag wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal julle feeste in 'n rouplegtigheid verander en al julle liedere in treursange. Ek sal om alle heupe 'n roukleed hang en op elke kop 'n kaal plek maak. Ek sal dit laat wees soos die rouplegtigheid oor 'n enigste kind en die einde daarvan soos 'n bittere dag.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal alles verander. Julle sal nie feesvier nie, julle sal treur. Julle sal nie sing nie, julle sal huil oor almal wat dood is. Julle sal rouklere aantrek en julle koppe kaal skeer. Julle sal rou soos iemand wat rou oor sy enigste kind wat dood is. Dit sal vir julle 'n baie slegte dag word.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek sal julle vrolike feeste in begrafnisse verander. Julle juigliedjies sal slepende klaagliedere word. Ek sal julle begrafnisklere laat aantrek. Julle sal ’n kaal kol voor op julle kop skeer soos iemand wat rou omdat sy enigste kind dood is. Daardie dag sal in bitterheid eindig.” |