Amos 7:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het vir my gesê: Amos, wat sien jy? En ek het gesê: 'n Skietlood. Toe sê die HERE: Kyk, Ek stel 'n skietlood in die midde van my volk Israel; Ek sal nie meer by hulle verbygaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here vra toe vir my: “Wat sien jy, Amos?” Ek het geantwoord: “’n Skietlood.” Toe sê die Here: “Ek gaan my volk Israel met ’n skietlood toets. Ek gaan hulle verkeerde optrede nie meer oorsien nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die HERE vir my: Wat sien jy, Amos? En ek het geantwoord: 'n Skietlood. Daarop sê die Here: Kyk, Ek gaan 'n skietlood aanlê in die midde van my volk Israel. Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir my gevra: Wat sien jy, Amos? en ek het gesê: “'n Skietlood.” Toe sê die Here vir my: Ek gaan 'n skietlood aanlê in my volk Israel, Ek gaan hom nie meer spaar nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê die Here vir my: “Wat sien jy, Amos?” Ek het geantwoord: “'n Skietlood.” My Heer sê toe vir my: “Kyk, Ek gaan die skietlood aanlê in die midde van my volk Israel. Ek sal nie weer by hom verbygaan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vir my gevra: “Amos, wat sien jy?” Ek het gesê: “Ek sien 'n skietlood.” Toe het die Here gesê: “Ek sal nou met my volk, die Israeliete, doen soos 'n mens doen met 'n muur wat nie regop is nie. Ek sal nie weer hulle sonde vergewe nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here vra toe vir my: “Amos, wat sien jy, wat het Ek hier in my hand?” Ek antwoord toe: “’n Maatband waarmee ’n mens meet of alles volgens die planne gebou is.” Die Here sê toe: “Ek gaan hierdie maatband gebruik om my volk Israel te meet. Ek gaan dit nie verder verdra dat hulle so verkeerd leef nie. |