Amos 7:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So het die HERE HERE my laat sien: en kyk, die HERE HERE het geroep om te veg deur vuur, en dit het die groot watervloed verteer en 'n deel daarvan verteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die oppermagtige Here het my weer ’n visioen laat sien. Ek het gesien dat Hy sy volk wou straf deur ’n groot vuur te stuur. Die vuur het eers die diep onderaardse water laat opdroog en was besig om die hele land te verteer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit het die Here HERE my laat sien -- kyk, die Here HERE roep om 'n regstryd te voer deur vuur, en dit het die groot watervloed verteer en sou die akkerland verteer het. |
| Afrikaans 1983 | Die Here my God het my 'n gesig laat sien: Hy het 'n vuur opgeroep tot straf, en die vuur het die groot watervloed laat opdroog en dit sou ook die bewerkte grond verteer het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit het my Heer, die Here, my laat sien: Kyk, my Heer, die Here, was gereed om 'n regstryd deur vuur aan te kondig. Dit het die groot oerwater laat opdroog, en sou die bewerkbare grond verteer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir my gewys wat Hy wil doen. Hy het 'n vuur laat brand om die Israeliete te straf. Die vuur het die see droog gebrand en dit het begin om die land ook te verbrand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het my in ’n gesig laat sien hoe Hy ’n skroeiende vuur gebruik om sy volk mee te straf. Dit het eers die onderaardse water laat opdroog. Toe dit ook die grond begin wegbrand, |