Amos 7:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle klaar was met die eet van die gras van die land, het ek gesê: HERE HERE, vergewe tog, deur wie sal Jakob opstaan? want hy is klein. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het gesien hoe die sprinkane alles wat groen was, afgevreet het. Toe het ek gesê: “Oppermagtige Here, vergewe ons tog, asseblief! Israel is maar ’n klein volkie en sal nie oorleef as U nie vergewe nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle al die gewasse van die land afgeëet het, sê ek: Here HERE, vergeef tog! Hoe sal Jakob staande bly? want hy is klein. |
| Afrikaans 1983 | Die sprinkane sou al die groenigheid in die land afvreet, en ek het gesê: “Here my God, vergewe tog vir Jakob! Hoe sal hy staande bly? Hy is klein!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle die groenigheid van die land afgevreet het, sê ek: “My Heer, Here – vergeef tog! Hoe sal Jakob kan bly staan? Want hy is klein.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | *** |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe ek sien dat hulle al die nuwe gras gaan wegvreet, het ek gesê: “Here, moet asseblief nie so hard wees nie. Jakob is mos maar klein en swak. Hoe sal hulle na so iets nog kan bly leef?” |