Amos 7:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE: Jou vrou sal 'n hoer in die stad wees, en jou seuns en jou dogters sal deur die swaard val, en jou land sal deur lyn verdeel word; en jy sal in 'n besoedelde land sterwe, en Israel sal sekerlik uit sy land in ballingskap gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar die Here sê: ‘In hierdie stad sal jou vrou ’n prostituut word en jou seuns en dogters sal in die oorlog sterf. Hulle sal jou grondgebied in stukke verdeel en jy sal in ’n vreemde land sterf. Sonder twyfel sal hulle die mense van Israel uit hulle land in ballingskap wegvat.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so sê die HERE: Jou vrou sal in die stad hoereer, en jou seuns sowel as jou dogters sal deur die swaard val, en jou grond met die meetsnoer verdeel word, en jy self sal in 'n onrein land sterwe, en Israel sekerlik in ballingskap uit sy land gaan. |
| Afrikaans 1983 | Maar so sê die Here: “Jou vrou sal 'n prostituut word in die stad, jou seuns en jou dogters sal met die swaard afgemaai word, jou grond sal tussen ander verdeel word, jy sal in 'n onrein land sterf, en Israel sal in ballingskap weggevoer word uit sy land uit.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Daarom, so sê die Here, “ ‘Jou vrou sal in die stad hoereer, en deur die swaard sal jou seuns en dogters val. Jou grond sal met 'n maatlyn opgedeel word, en jy self sal op •onrein grond sterf. En Israel sal beslis in ballingskap gaan, weg van sy grondgebied af.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Here sê: ‘Jou vrou sal 'n prostituut word in die stad, en jou kinders sal in 'n oorlog sterf. Die vyande sal jou grond vat en verdeel, en jy sal sterf in 'n onrein land. Die vyande sal die Israeliete vang en wegvat na 'n ander land.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het besluit dat jou vrou ’n prostituut gaan word wat op die strate rondlê. Jou kinders sal in die oorlog doodgemaak word. Jou land sal in stukke verdeel word. Jy self sal uiteindelik in ’n vreemde land aan jou einde kom. Israel sal sonder twyfel uit sy land weggevat word na ’n ander land toe.” |