Amos 7:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoor dan nou die woord van die HERE: Jy sê: Moenie teen Israel profeteer nie, en moenie jou woord laat val teen die huis van Isak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar luister nou na hierdie boodskap van die Here! Jy sê mos: “‘Moenie teen Israel profeteer nie. Hou op om te preek teen die nageslag van Isak.’
Afrikaans 1933/1953 Hoor dan nou die woord van die HERE! Jy sê: Jy mag nie teen Israel profeteer nie, en jy mag geen woorde laat druppel teen die huis van Isak nie.
Afrikaans 1983 “Hoor dan nou die woord van die Here! Jy sê ek moenie as profeet optree teen Israel nie, ek mag nie as siener teen die nageslag van Isak praat nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoor dan nou die woord van die Here: “Jy sê, “ ‘Jy mag nie teen Israel profeteer nie, en jy mag nie teen die huis van Isak driftig preek nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Nou moet jy luister na wat die Here sê. Jy sê ek moenie 'n profeet wees en teen die Israeliete praat nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hoor wat sê die Here vir jou, Amasia. Jy probeer keer dat ek die Here se woord vir Israel bring. Jy wil nie hê ek moet vir Isak se nageslag sê wat die Here vir my oor hulle gewys het nie.