Amos 7:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het my geneem terwyl ek die kleinvee gevolg het, en die HERE het vir my gesê: Gaan profeteer vir my volk Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar die Here het my geroep waar ek skape opgepas het en gesê: ‘Gaan na my volk Israel en profeteer vir hulle.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die HERE het my agter die kleinvee weggeneem, en die HERE het aan my gesê: Gaan heen, profeteer teen my volk Israel. |
| Afrikaans 1983 | Maar die Here het my agter die kleinvee weggevat en Hy het vir my gesê: Gaan tree as profeet op teen my volk Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het my agter die kleinvee weggevat en die Here het vir my gesê, ‘Gaan profeteer vir my volk Israel!’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Here het my weggeneem van die skape en bokke, en Hy het vir my gesê: ‘Jy moet my profeet wees. Gaan sê vir my volk, die Israeliete, Ek sal hulle straf.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het my kom haal daar waar ek met my skape besig was. Hy het vir my gesê: ‘Gaan bring my boodskap vir my volk Israel.’ |