Amos 7:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe antwoord Amos en sê vir Amásia: Ek was geen profeet nie en ook nie 'n profeet se seun nie; maar ek was 'n veewagter en 'n oesjaar van wildevye;
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Amos het Amasia geantwoord en gesê: “Ek is nie ’n professionele profeet nie en ek is ook nie ’n seun van ’n profeet nie. Ek is maar net ’n skaapboer, en ek kweek wildevyebome.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Amos geantwoord en aan Am sia gesê: Ek was geen profeet en ook geen profete-seun nie; maar ek was 'n veewagter en kweker van wildevyebome.
Afrikaans 1983 Amos het toe vir Amasia geantwoord: “Ek is nie so 'n profeet nie en ek behoort nie tot die profetekring nie, ek boer met vee en kweek wildevye.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Amos het geantwoord en vir Amasia gesê: “Ek is nie 'n beroepsprofeet nie en ook nie lid van 'n profetegroep nie; maar ek is 'n veewagter en ek prik wildevye.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Amos het vir Amasia gesê: “Ek is nie 'n gewone profeet nie. Ek is nie saam met die ander profete nie. Ek is 'n boer. Ek boer met beeste en met bokke en skape, en ek plant wildevyebome.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Amos het Amasia teruggeantwoord: “Ek bring nie die Here se boodskap vir geld nie. Dit is ook nie my werk nie. My pa was ook nie ’n boodskapper vir God dat ek dit by hom geleer het nie. Ek boer met skape en vye.