Amos 7:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Amasia het ook vir Amos gesê: Siener, gaan weg, vlug met jou weg na die land van Juda, en eet daar brood en profeteer daar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Amasia het toe vir Amos gesê: “Siener, gee pad! Gaan liewer terug na die land Juda toe. Gaan verdien jou brood daar en profeteer daar! |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Am sia vir Amos: Gaan weg, siener, vlug na die land Juda en eet daar brood en profeteer daar! |
| Afrikaans 1983 | Amasia het vir Amos gesê: “Maak dat jy wegkom, siener, gaan na Juda toe en verdien jou brood daar, tree daar as profeet op! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Amasia sê toe vir Amos: “Siener, trap! Vlug vir jou eie beswil na die land van Juda; gaan verdien daar jou brood en profeteer daar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vir Amos het die priester Amasia gesê: “Gaan weg, profeet! Gaan terug na die land Juda. Gaan wees daar 'n profeet en gaan verdien jou geld daar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Amasia het na Amos toe gegaan en in sy gesig vir hom gesê: “Hier is nie plek by ons vir mense wat allerhande goed sien nie. Gee pad! Gaan terug na Juda toe! Gaan sê vir hulle wat jy alles sien, dat hulle jou daarvoor kan betaal. |