Amos 7:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Amásia, die priester van Bet-el, na Jeróbeam, die koning van Israel, gestuur om te sê: Amos het teen jou 'n sameswering gemaak teen die huis van Israel; die land is nie in staat om al sy woorde te dra nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Amasia was ’n priester in Bet-El. Toe hy hoor wat Amos sê, het hy vir Jerobeam, die koning van Israel, ’n boodskap gestuur: “Amos is besig om ’n komplot teen Israel te smee. Al hierdie dinge wat hy sê, sal die land net skade aandoen.”
Afrikaans 1933/1953 Toe het Am sia, die priester van Bet-el, Jerobeam, koning van Israel, laat weet: Amos het 'n sameswering gesmee teen u midde-in die huis van Israel; die land sal dit onder al sy woorde nie kan uithou nie.
Afrikaans 1983 Die priester Amasia van Bet-El het vir koning Jerobeam van Israel laat weet: “Amos is besig om hier in Israel 'n komplot teen u te smee. Die land kan dit nie uithou met alles wat hy sê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Amasia, die priester van Bet-El, het toe vir Jerobeam, die koning van Israel, laat weet: “Amos het teen u 'n komplot gesmee binne die huis van Israel. Die land sal dit nie kan uithou onder al sy woorde nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Amasia was die priester van Bet-El. Hy het vir koning Jerobeam van Israel 'n boodskap gestuur en gesê: “Amos maak slegte planne teen jou. Wat hy sê, is gevaarlik vir die land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Amasia, die priester van die plek van aanbidding by Bet-El, hoor wat Amos sê, het hy vir Jerobeam, die koning van Israel, ’n boodskap gestuur: “Amos is besig om ’n opstand teen u in Israel te organiseer. Die land kan nie sulke dinge laat gebeur nie.