Amos 7:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So het die HERE HERE my getoon; en kyk, hy het sprinkane gevorm in die begin van die opskiet van die laaste groei; en kyk, dit was die laaste groei ná die koning se snye.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oppermagtige Here het my ’n visioen laat sien. Ek het gesien dat Hy besig was om ’n swerm sprinkane gereed te maak. Dit was net toe die graan weer begin opkom het nadat die koning se deel afgeoes was.
Afrikaans 1933/1953 Dit het die Here HERE my laat sien -- kyk, Hy het sprinkane geformeer toe die na-gras begin uitspruit het; en kyk, dit was die na-gras nadat die snysels van die koning af was.
Afrikaans 1983 Die Here God het my 'n gesig laat sien: Hy was besig om 'n sprinkaanswerm te vorm toe die gras weer begin uitspruit het nadat die koning se hooi af was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het my Heer, die Here, my laat sien: Kyk, Hy was besig om sprinkaanswerms te vorm net toe die saad in die lente begin opkom. En onthou, dit kom net ná die koning se hooi gemaak is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [1-2] Die Here het vir my gewys wat Hy wil doen. Hy het baie sprinkane gemaak. Dit was nadat die mense die gras afgesny het vir die koning se perde. Die gras het weer begin groei en dit het groen geword. Die sprinkane het al die groen plante in die land begin opvreet. Ek sê toe: “Here, vergewe hulle asseblief! Die Israeliete is min, hulle sal nie kan aanhou lewe nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het my in ’n gesig ’n swerm sprinkane laat sien. Die gras vir die koning se perde was net mooi afgesny en die eerste grassies het weer begin uitspruit. Die swerm sprinkane het op die gras toegesak.