Amos 6:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE HERE het by Homself gesweer, spreek die HERE, die God van die leërskare: Ek verafsku die voortreflikheid van Jakob en haat sy paleise; daarom sal Ek die stad oorgee met alles wat daarin is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oppermagtige Here het ’n eed geneem en dit is wat die Here God, die Almagtige, gesê het: “Ek verag Israel se trots en haat hulle spoghuise. Ek sal die stad met alles daarin aan hulle vyande oorgee.
Afrikaans 1933/1953 Die Here HERE het by Homself gesweer, spreek die HERE, die God van die leërskare: Ek het 'n afsku van die trotsheid van Jakob en haat sy paleise; daarom lewer Ek die stad oor en al wat daarin is.
Afrikaans 1983 Die Here my God het 'n eed afgelê by Homself, die Here die almagtige God sê: Ek verafsku die hooghartigheid van Jakob, Ek het 'n weersin in sy mooi huise! Daarom gee Ek die stad en al wat daarin is, oor in die mag van 'n vyand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My Heer, die Here, het by Homself gesweer; die uitspraak van die Here, die God van alle magte, is: “Ek verafsku die hoogmoed van Jakob, en sy vestings haat Ek. Ek gaan die stad en alles daarin oorlewer.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, die God wat oor alles regeer, het belowe, en Hy is self die getuie. Hy het gesê: “Die Israeliete is baie hoogmoedig. Ek hou niks daarvan nie, Ek haat hulle mooi huise. Ek sal die stad en alles wat daarin is vir hulle vyande gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het vir Homself ’n belofte gemaak. Die Here, die God wat sterk is, het vir Homself gesê: “Dit is vir My baie lelik dat Jakob se nageslag so selfvoldaan is. Ek vererg My oor hulle mooi huise. Ek gaan hierdie stad met alles daarbinne vir hulle vyand gee.