Amos 6:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal hulle nou gevangenes gaan saam met die eerstes wat gevange is, en die maaltyd van die wat hulle uitgestrek het, sal verwyder word.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sal die eerstes wees om in ballingskap te gaan. Verby is die tyd vir uitspattige feesvierings.
Afrikaans 1933/1953 Daarom sal hulle nou op die voorpunt van die ballinge in ballingskap gaan, en daar sal 'n end kom aan die rumoerige gejubel van die leeglêers.
Afrikaans 1983 Daarom sal julle nou weggevoer word op die voorpunt van die ballinge. Die tyd is verby dat julle uitgelate lê en feesvier.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom sal hulle nou in ballingskap gaan aan die voorpunt van die ballinge; die gefuif van dié wat rondluier, kom tot 'n einde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sal julle vyande julle vang. Hulle sal die leiers eerste vang en wegvat na 'n ander land. Die tyd is verby, julle sal nie meer lê en feesvier nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom sal julle die eerstes wees wat die vyand gaan vang om julle weg te vat na ’n ander land toe. Julle lawaaierige partytjies gaan dan verby wees.