Amos 6:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | wat wyn in bakkies drink en hulleself met die hoofsalf salf, maar hulle is nie bedroef oor die ellende van Josef nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle drink bekers vol wyn en smeer uitsoekolies aan. Maar oor die ondergang van Israel ontstel julle julle nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat uit offerkomme wyn drink en hulle met die beste soorte olie salf, maar hulle nie oor die verbreking van Josef bekommer nie. |
| Afrikaans 1983 | julle drink wyn uit offerkomme en salf julle met uitsoekolie, maar oor die vernietiging van Josef bekommer julle julle nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle drink offerbakke vol wyn; met die beste olies salf hulle hulleself; maar hulle treur nie oor die ondergang van Josef nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle drink wyn uit die bakke waarin julle offers bring en julle smeer die beste olyf-olie aan julle. Maar julle is nie bekommerd dat dit slegter en slegter gaan met die Israeliete nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle drink wyn uit die bekers wat vir die offers gebruik word. Julle smeer julleself met lekkerruikolie. Maar julle bekommer julle nie ’n oomblik oor die einde van Josef se nasate nie. |