Amos 6:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) wat op ivoorbed lê en hulle op hulle rusbanke uitspan en die lammers uit die kleinvee eet en die kalwers uit die stal uit;
Afrikaans (NLV) 2011 Julle lê ontspanne op julle ivoorversierde beddens en rusbanke. Julle eet die sagte vleis van uitgesoekte lammers en kalwers.
Afrikaans 1933/1953 Wat op bedde van ivoor lê en uitgestrek lê op hulle rusbanke en die lammers van die kleinvee en die kalwers uit die stal eet!
Afrikaans 1983 Julle lê op julle beddens wat met ivoor ingelê is, julle strek julle uit op julle rusbanke, julle eet lammers uit die kleinveetrop en kalwers uit die stal,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle lê op beddens met ivoorinleg, luier rond op hulle sofas, eet lammers uit die trop kleinvee en kalwers uit die stal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle lê op beddens wat julle mooi gemaak het met ivoor, julle sit lekker op julle rusbanke. Julle eet lammers en vet kalwers.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle slaap op beddens wat met ivoor mooi gemaak is. Julle lê en eet op rusbanke. Julle is lekkerbekkig en eet net sagte lam- en kalfsvleis.