Amos 6:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle wat die dag van onheil ver verwyder en die troon van geweld laat nader kom;
Afrikaans (NLV) 2011 Julle wil nie glo dat die dag van teëspoed naby is nie. Maar julle optrede bring self die tyd van geweld nader.
Afrikaans 1933/1953 julle wat die dag van onheil veraf stel en die setel van geweld nader skuiwe!
Afrikaans 1983 Julle maak of die dag van rampe ver is, maar julle bring juis die dag nader dat geweld julle sal regeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) julle wat die dag van onheil as ver beskou, maar die gewelddadige einde nader bring?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle dink daar is nog baie tyd, julle dink julle sal nie nou swaarkry nie. Julle hou aan om julle mense te laat swaarkry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle probeer by die dag van teëspoed verbykom. Intussen bring julle met alles wat julle doen, daardie dag van straf net al nader aan julle.