Amos 6:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gaan na Kalne en kyk; en daarvandaan gaan julle na Hamat die grote; gaan dan af na Gat van die Filistyne. Is hulle beter as hierdie koninkryke? of hulle grens groter as jou grens? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gaan na Kalne en kyk wat het daar gebeur. Gaan van daar na die groot stad Hamat en nog verder af na Gat van die Filistyne. Julle is tog nie beter as hierdie stede nie. Julle grondgebied is nie groter as hulle s’n nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Trek deur na Kalne en kyk, gaan van daar na Hamat, die groot stad, en trek af na Gat van die Filistyne! Is hulle beter as hierdie koninkryke? Of is hulle grondgebied groter as julle grondgebied? -- |
| Afrikaans 1983 | Gaan kyk in Kalne, gaan daarvandaan na die groot Hamat toe, gaan af na die Filistynse stad Gat toe! Is julle beter as daardie koninkryke? Is hulle grondgebied groter as julle s'n? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gaan oor die grens na Kalne en kyk; loop van daar na Hamat-Rabba, en gaan af na Gat van die Filistyne. Is julle beter as hierdie koninkryke, of is hulle grondgebied groter as julle s'n, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gaan kyk wat het gebeur met die stad Kalne en met die groot stad Hamat en met Gat, die stad van die Filistyne. Hulle was nie sterker as julle nie, Israel en Juda. Hulle land is kleiner as julle land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gaan ’n bietjie na Kalne toe en kyk wat het daar gebeur. Gaan van daar af na die groot stad Hamat toe. Gaan af na Gat van die Filistyne. Is julle enigsins beter as daardie stede dat daar nie dieselfde met julle sal gebeur nie? Het julle ’n sterker en groter land as hulle? Sal dit maak dat niks met julle gebeur en julle niks oorkom nie? |