Amos 6:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar kyk, Ek sal 'n nasie teen julle verwek, o huis van Israel, spreek die HERE, die God van die leërskare; en hulle sal julle verdruk van die ingang van Hemat af tot by die rivier van die woestyn.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here God, die Almagtige, sê: “O volk van Israel, Ek sal ’n vyandige volk oor julle laat heers. Hulle sal julle onderdruk vanaf Lebo-Hamat in die noorde tot by die Arabaspruit in die suide.”
Afrikaans 1933/1953 Want kyk, Ek gaan teen julle, o huis van Israel, 'n volk opwek, spreek die HERE, die God van die leërskare, en hulle sal julle verdruk van die ingang na Hamat af tot by die spruit van die Vlakte.
Afrikaans 1983 Maar Ek gaan nou 'n nasie teen julle laat optrek, Israel, sê die Here die almagtige God, en dié nasie sal hardvogtig oor julle heers van Lebo-Hamat af tot by die stroombedding in die Jordaanvallei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Maar kyk, Ek laat teen julle, huis van Israel, 'n nasie optrek,” is die uitspraak van die Here, die God wat Heerser is oor alle magte, “en hulle sal julle onderdruk van Lebo-Hamat tot by die droë loop van die Araba. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Here, die God wat oor alles regeer, sê: “Israeliete, Ek sal 'n volk bring om oorlog te maak teen julle, en daardie volk sal julle laat swaarkry oral in die land, van Lebo-Hamat tot by die klein riviertjie in die woestyn.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar kyk wat gaan gebeur wanneer Ek ’n ander volk bring om oor julle te heers, Israel,” sê die Here, die God wat so sterk is, “hulle gaan julle onderdruk van Lebo-Hamat in die noorde af tot by Arabaspruit in die suide.”