Amos 6:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sal perde op die rots hardloop? sal mens daar met osse ploeg? want julle het die oordeel in gal verander, en die vrug van geregtigheid in 'n kudde.
Afrikaans (NLV) 2011 “Perde kan tog nie oor rotse galop nie! ’n Mens gebruik mos nie osse om rotse om te ploeg nie! Tog het julle wat reg is in iets giftigs verander, en wat regverdig is in iets wat bitter is.
Afrikaans 1933/1953 Kan perde draf op rotse, of kan 'n mens met osse daarop ploeë? -- dat julle die reg in gif verander en die vrug van geregtigheid in wilde-als.
Afrikaans 1983 Perde kan tog nie op 'n klipplaat galop nie! 'n Mens ploeg tog nie die see met osse nie! Hoe maak julle dan van die reg iets wat giftig is, van regspraak 'n bitter saak?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hardloop perde op 'n rotswand of ploeg 'n mens dit met osse? En tog het julle die reg in 'n giftige plant verander en die vrug van geregtigheid in wildeals.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Mens jaag nie met perde oor rotse nie en jy ploeg nie met beeste op rotse nie. Maar julle laat onskuldige mense swaarkry. Julle laat dit sleg gaan met goeie mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kan perde oor rowwe rotse galop? Kan ’n mens die see met osse omploeg? Natuurlik nie! Maar julle het reggekry wat ander mense nie kan doen nie. Julle het van dit wat goed en reg is iets giftigs gaan maak. Wat regverdig was, het julle iets gemaak wat verkeerd is.