Amos 6:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die oom van 'n man moet hom opneem, en hy wat hom verbrand, om die gebeente uit die huis uit te bring en vir hom wat aan die kante van die huis is, te sê: Is daar nog iemand by jou? en hy sal sê: Nee. Dan sal hy sê: Hou op jou tong, want ons mag die Naam van die HERE nie noem nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ’n familielid kom om die lyke te verbrand, die huis binnegaan om die lyke weg te vat, en vra of daar enige oorlewendes is: ‘Is daar nog iemand saam met jou?’ en die persoon antwoord: ‘Nee!’ Dan sal die familielid sê: ‘Bly stil! Moenie eers die Here se Naam fluister nie. Hy kan jou dalk hoor!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En wanneer iemand se bloedverwant, die een wat hom wil verbrand, hom optel om die bene uit die huis te verwyder, en aan iemand wat in die agterste vertrekke is, sê: Is daar nog iemand by jou? en hy antwoord: Nee -- dan sal die eerste sê: Bly stil, want dit is nie gepas om die Naam van die HERE te vermeld nie! |
| Afrikaans 1983 | As 'n familielid of iemand wat die bene moet verbrand, hulle uit die huis kom dra, sal hy vir die een wat dalk nog agter in die huis is, vra: “Is daar nog iemand by jou?” en as dié sê: “Nee!” sal die familielid sê: “Bly stil! Ons moet nie eens die Here se Naam noem nie!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En wanneer 'n familielid, die een wat die lyk moet versorg, dit optel om dit uit die huis te neem en vir iemand wat agter in die huis is, vra: “Is daar nog by jou?” en hy antwoord: “Dis klaar!” sal hy sê: “Bly net stil! Want die Naam van die Here moet nie genoem word nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand van daardie familie sal kom en hy sal die dooie mense uit die huis begin dra om hulle te begrawe. As daar agter in die huis nog iemand is wat lewe, dan sal die man van die familie vir hom vra: ‘Is daar nog iemand by jou?’ en hy sal sê: ‘Nee, niemand nie.’ Dan sal die man van die familie antwoord: ‘Ons moenie praat nie, ons moenie die Here se Naam noem nie.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer iemand van hulle familie die lyk kom haal om dit te gaan verbrand en hy vra vir iemand wat agter in die huis wegkruip of daar nog enigiemand anders in die huis oor is, sal dié persoon sê: ‘Nee, ek is die laaste.’ Hy sal vir die man wat die lyk kom haal het, waarsku. Hy sal sê: ‘Saggies! Die Here moenie hoor hier is nog iemand oor nie.’ |