Amos 6:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee die gerustes in Sion en vertrou op die berg van Samaria, wat genoem word as hoof van die nasies na wie die huis van Israel gekom het!
Afrikaans (NLV) 2011 Teëspoed wag op julle wat dink julle is sorgvry en veilig in Jerusalem en Samaria. Julle word beskou as vooraanstaande en belangrike mense van Israel. Die mense van die volk kom na julle vir hulp.
Afrikaans 1933/1953 Wee die gerustes in Sion en die sorgelose op die berg van Samar¡a, die vernames van die eerste onder die nasies, na wie die huis van Israel kom!
Afrikaans 1983 Ellende wag vir dié wat so rustig in Sion woon, dié wat hulle so veilig voel op Samariaberg, dié vername mense van die voorste nasie op wie die koningshuis van Israel hom verlaat!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wee dié wat gerus is in Sion, dié wat hulle veilig voel op die berg Samaria, die hooggeplaastes van die mees vooraanstaande nasies, na wie die huis van Israel kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal sleg gaan met die belangrike mense van die belangrikste volk, die Israeliete. Hulle het gevra hulle leiers moet hulle help, die leiers wat so lekker woon in Jerusalem, en die mense wat dink hulle is veilig op Samaria-berg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar wag teëspoed vir dié wat so houtgerus in Jerusalem bly. Dié wat so sonder bekommernis in Samaria woon, gaan ’n groot verrassing kry. Julle is beroemd. Die belangrikes onder Israel hou van julle.