Amos 5:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal Ek julle oorkant Damaskus in ballingskap laat gaan, spreek die HERE, wie se Naam die God van die leërskare is.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sal Ek julle wegstuur in ballingskap, na ’n land oos van Damaskus.” Dit sê Hy wat genoem word die Here God, die Almagtige.
Afrikaans 1933/1953 Daarom sal Ek julle anderkant Damaskus in ballingskap wegvoer, sê die HERE wie se Naam God van die leërskare is.
Afrikaans 1983 wanneer Ek julle in ballingskap laat wegvoer ver by Damaskus verby, sê die Here. Sy Naam is Almagtige God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek gaan julle tot anderkant Damaskus in ballingskap wegvoer,” het die Here gesê. God wat Heerser is oor alle magte, is sy Naam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vyande sal julle vang en hulle sal julle wegvat tot ver anderkant die stad Damaskus,” sê die Here. Sy Naam is die Here, God wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek gaan julle vyand laat kom en julle wegvat uit julle land tot ver anderkant Damaskus verby,” sê die Here. “Ek is God. Ek is verskriklik sterk.”