Amos 5:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar julle het die tabernakel van julle Molok en Kiun, julle beelde, die ster van julle god, gedra wat julle vir julleself gemaak het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nee, dit was eerder vir die koninggod Sikkut en die stergod Kijun wat julle self gemaak en saamgedra het. |
| Afrikaans 1933/1953 | en ook gedra Sakkut, julle koning, en Kewan, julle beelde, julle stergod wat julle vir julle gemaak het? |
| Afrikaans 1983 | Julle sal julle koning Sikkut en julle afgodsbeeld Kijun, dié stergode wat julle vir julle gemaak het, moet dra |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle sal Sakkoet, julle koning, en Kajjawan, julle beelde, die ster van julle gode wat julle vir julle gemaak het, moet dra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nou sal julle die gode wat julle gemaak het, saam met julle moet dra. Dit is julle ster-gode, julle koning Sikkut, julle afgod Kijun. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Was dit nie eerder die stergod koning Sikkut en julle afgodsbeeld Kijun wat julle in julle hart saamgedra het nie? |