Amos 5:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Neem die geraas van u liedere van my weg; want ek sal die melodie van jou viooltjies nie hoor nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hou op om lofliedere te sing, dit is net ’n geraas! Ek sal ook nie na die melodieë van julle harpe luister nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie. |
| Afrikaans 1983 | Gee pad voor My met die rumoer van jou gesing; Ek wil nie jou harpmusiek hoor nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hou die lawaai van julle liedere weg van My; die klank van julle harpe wil Ek nie hoor nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer julle sing, dan is dit nie vir My mooi nie, julle raas net. Hou op sing! Ek wil nie luister wanneer julle musiek maak met 'n harp nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Spaar My die lawaai wat julle maak as julle vir My sing. Ek wil nie luister na die harpmusiek wat julle vir My maak nie. |