Amos 5:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al bring julle vir My brandoffers en julle spysoffers, Ek sal dit nie behaag nie; en Ek sal nie ag gee op die dankoffers van julle vet vee nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal nie julle brandoffers en graanoffers aanvaar nie. Ek sal My nie eers steur aan die vetgemaakte diere wat julle as offers bring nie.
Afrikaans 1933/1953 Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers, Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie.
Afrikaans 1983 Al bring julle vir My brandoffers en graanoffers, dit is nie vir My aanneemlik nie, en Ek kyk nie eens na julle maaltydoffers van vetgevoerde kalwers nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, selfs al lê julle vir My •brandoffers en julle •graanoffers op die altaar, Ek aanvaar dit nie; 'n •maaltydoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie raak nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle bring vir My brand-offers en koring-offers, maar Ek wil dit nie hê nie en Ek wil glad nie kyk na die vet diere wat julle bring vir ete-offers nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek het niks daaraan wanneer julle vir My offers op die altaar brand of graan vir My kom aanbied nie. Ek sien dit nie eens raak wanneer julle offers bring wat julle saam met My wil eet nie. Dit roer My nie eens as julle diere kom offer wat julle vir My vetgemaak het nie.