Amos 5:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die maagd van Israel het geval; sy sal nie meer opstaan nie; sy is in haar land verlaat; daar is niemand om haar op te rig nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die jong meisie Israel het geval. Sy sal nie weer opstaan nie! Sy lê verlate op die grond met niemand om haar op te help nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die jonkvrou van Israel het geval, sy sal nie weer opstaan nie; neergewerp lê sy op haar land, niemand rig haar op nie. |
| Afrikaans 1983 | Israel het geval en hy sal nie weer opstaan nie; hy lê neergegooi op sy grond en niemand help hom op nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Sy het geval, die jongvrou Israel sal nie weer opstaan nie. Verlate lê sy op haar grond met niemand wat haar ophelp nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Israel het geval, hulle sal nie weer opstaan nie. Hulle het op hulle eie grond geval, en niemand help hulle om op te staan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Israel was ’n jongmeisie. Sy het so diep in die sonde weggesak dat sy nooit weer daar kan uitkom nie. Sy het so diep in die moeras van verkeerde dinge weggesak dat niemand haar ooit weer daaruit kan trek nie.” |