Amos 5:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Asof 'n man vir 'n leeu vlug en 'n beer hom tegemoet; of in die huis ingegaan en sy hand teen die muur geleun, en 'n slang het hom gebyt.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit sal wees soos iemand wat weghardloop vir ’n leeu, maar hom vasloop teen ’n beer. En wanneer hy by die huis kom en met sy hand leun teen die muur, word hy deur ’n slang gepik.
Afrikaans 1933/1953 Soos wanneer iemand vlug vir 'n leeu, maar 'n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en 'n slang byt hom!
Afrikaans 1983 dit sal wees soos wanneer iemand vir 'n leeu vlug en 'n beer val hom aan, of soos wanneer iemand tuiskom en hy leun met sy hand teen die muur en 'n slang pik hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) soos wanneer iemand vlug vir 'n leeu, maar 'n beer val hom aan. As hy wel in die huis kom en met sy hand teen die muur leun, dan pik 'n slang hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal wees soos wanneer iemand vir 'n leeu vlug en dan teen 'n beer vasloop, of wanneer iemand in sy huis kom en met sy hand teen die muur druk, en dan is daar 'n slang wat hom byt.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal op daardie dag wees soos iemand wat weghardloop vir ’n leeu en hom dan vashardloop in ’n beer. As hy hardloop om in sy huis te gaan wegkruip en hy druk met sy hand teen die muur, pik ’n slang hom wat tussen die klippe van die muur bly.