Amos 5:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee julle wat die dag van die HERE begeer! tot watter doel is dit vir jou? die dag van die HERE is duisternis en nie lig nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar wag ’n ontnugtering op julle wat uitsien na die Dag van die Here. Waarom wens julle dat die Dag van die Here moet kom? Dit gaan ’n donker dag wees, nie ’n dag van lig nie.
Afrikaans 1933/1953 Wee die wat na die dag van die HERE verlang! Wat sal tog die dag van die HERE vir julle wees? Dit sal duisternis wees en geen lig nie.
Afrikaans 1983 Ellende wag vir dié wat smag na die dag van die Here! Waarom verlang julle na die dag van die Here? Dit sal donker bring, nie lig nie;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wee dié wat uitsien na die dag van die Here. Wat hou dit vir julle in? Die dag van die Here is duisternis, nie lig nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Dit sal baie sleg gaan met mense wat wens die dag van die Here moet gou kom. Hoekom wens julle die dag van die Here moet gou kom? Daardie dag sal dit donker wees, daar sal nie lig wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daar wag ’n verskriklike teleurstelling vir die mense wat nie meer kan wag dat die dag van die Here moet kom nie. Wat dink julle gaan op daardie dag met julle gebeur? Daardie dag gaan vir julle nag wees. Vergeet daarvan dat dit vir julle ’n dag gaan wees waarop julle gered sal word.