Amos 5:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Haat wat sleg is, en wees lief vir die goeie, en bevestig die reg in die poort; miskien sal die HERE, die God van die leërskare, die oorblyfsel van Josef genadig wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle moet die bose haat en die goeie liefhê. Sorg dat regverdigheid in die howe seëvier. Miskien sal die Here God, die Almagtige, nog genade hê vir dié wat oorgebly het van Josef se nageslag.
Afrikaans 1933/1953 Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is, en handhaaf die reg in die poort -- miskien sal die HERE, die God van die leërskare, Hom ontferm oor die oorblyfsel van Josef.
Afrikaans 1983 Julle moet haat wat verkeerd is, julle moet liefhê wat goed is, julle moet opkom vir die reg in die howe. Dan sal die Here die almagtige God Hom dalk ontferm oor wat daar van Josef oor is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Haat die slegte, wees lief vir die goeie, en vestig die reg in die stadspoort. Miskien sal die Here, die God wat Heerser is oor alle magte, dié wat oor is van Josef, genadig wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet haat wat sleg is en julle moet lief wees vir wat goed is, julle moet in die hof reg doen aan mense. Miskien sal die Here, die God wat oor alles regeer, dan jammer wees vir julle, julle Israeliete wat nog lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verwerp alles wat lelik is. Slaan julle arms om alles wat goed is en druk dit teen julle vas. Sorg dat die uitsprake in julle hof altyd regverdig is. Miskien sal die Here, die God wat baie sterk is, goed wees vir dié wat nog van Josef se nageslag oorgebly het.”