Amos 5:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soek goed en nie kwaad nie, sodat julle kan lewe; en so sal die HERE, die God van die leërskare, met julle wees soos julle gespreek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Doen wat goed is en vlug vir die kwaad, dan sal julle lewe! Dan sal Hy, die Here God, die Almagtige, by julle wees soos julle gesê het dat Hy is.
Afrikaans 1933/1953 Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie, sodat julle kan lewe en die HERE, die God van die leërskare, so met julle kan wees soos julle sê.
Afrikaans 1983 Probeer goed doen, nie verkeerd nie, dat julle kan lewe! Dan sal die Here die almagtige God so by julle wees soos julle sê dat Hy is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soek die goeie, nie die slegte nie, sodat julle kan lewe; dan sal die Here, die God wat Heerser is oor alle magte, só by julle wees soos wat julle sê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sê die Here is by julle. Maar julle moet probeer om goed te doen, moenie doen wat sleg is nie. Dan sal julle lewe, en dan sal die Here, die God wat oor alles regeer, by julle wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Probeer om eerder goed te doen as kwaad. Julle sal dan voorspoedig lewe. Dit sal dan regtig gebeur soos julle gehoop het. Die Here, die God wat baie sterk is, sal by julle bly.