Amos 5:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek ken jou menigte oortredinge en jou magtige sondes: hulle verdruk die regverdige, hulle neem omkoopgeld aan, en hulle wend die armes in die poort van hul regterkant af. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek weet hoeveel oortredings julle het en hoe groot julle sondes is. Julle onderdruk goeie mense deur omkoopgeld te eis. Julle ontneem die armes van hulle reg in die howe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Ek weet dat julle oortreding menigvuldig en julle sondes geweldig is, julle wat die vyande is van die regverdige, wat omkoopgeld aanneem en die behoeftiges wegstoot in die poort. |
| Afrikaans 1983 | Ek weet hoe baie julle oortredings is, hoe groot julle sondes is, julle wat die vyande is van dié wat reg doen, julle wat julle laat omkoop en nie aan die armes reg laat geskied nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek weet immers hoe baie julle oortredings en hoe talryk julle sondes is, julle wat vyandig is teenoor regverdiges, wat omkoopgeld vat en behoeftiges in die stadspoort wegwys. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek weet hoe baie en hoe groot julle sonde is. Julle is vyande van iemand wat reg doen. Julle vat die geld wanneer mense julle wil betaal om verkeerd te doen. In die poort is julle onregverdig met die arm mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek weet van alles wat julle verkeerd gedoen het. Ek weet van al die baie sondes wat julle doen. Julle vat omkoopgeld. Julle jaag die man weg wat reg is. In die hof kies julle kant teen die arm mense. |