Amos 5:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aangesien julle dan die arme vertrap en julle koringlas van hom wegneem, het julle huise van gekapte klip gebou, maar daarin mag julle nie woon nie; julle het lieflike wingerde geplant, maar wyn daarvan mag julle nie drink nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle vertrap die armes en eis ’n deel van hulle graan. Daarom, omdat julle dit doen, sal julle nooit kan woon in die deftige steenhuise wat julle bou nie. Julle het wingerde aangeplant, maar julle sal nooit drink van die wyn wat dit oplewer nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, omdat julle die arm man vertrap en van hom 'n heffing van koring neem, het julle huise van gekapte klippe gebou, maar julle sal nie daarin woon nie; julle het pragtige wingerde geplant, maar julle sal die wyn daarvan nie drink nie. |
| Afrikaans 1983 | Omdat julle die arm mens vertrap en van hom koring afpers, sal julle nie woon in die huise van gekapte klip wat julle bou nie en sal julle nie die wyn drink van die pragtige wingerde wat julle plant nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, omdat julle graanbelasting van armes eis, en 'n heffing op graan van hulle neem, het julle huise van gekapte klip gebou, maar julle sal nie daarin woon nie; het julle pragtige wingerde geplant, maar julle sal die wyn daarvan nie drink nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle trap op die arm mens, julle vat sy koring. Daarom sal julle nie woon in die huise wat julle gebou het met die klippe wat julle so mooi gekap het nie. Julle sal nie die wyn drink van die mooi wingerde wat julle geplant het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat julle die armes onderdruk en hulle afpers, sal julle nooit self bly in die mooi huise wat julle vir julle van klip gebou het nie, en sal julle nooit die wyn drink wat uit die wingerde kom wat julle aangeplant het nie. |