Amos 5:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle haat hom wat in die poort bestraf, en hulle het 'n afsku van hom wat opreg spreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle haat eerlike regters. Julle verafsku mense wat die waarheid praat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle haat die man wat in die poort die reg handhaaf, en hulle het 'n afsku van hom wat in opregtheid spreek. |
| Afrikaans 1983 | Julle haat dié wat vir die reg opkom in die howe, julle verafsku dié wat die waarheid praat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle haat die een wat in die stadspoort teregwys en verafsku hom wat reguit praat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle haat 'n man wat in die poort praat teen iemand wat verkeerd gedoen het, julle hou nie van 'n man wat die waarheid praat nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle haat mos mense wat regverdig wil wees. Julle is mos hatig op mense wat die waarheid praat in die hof. |